Vriende, ’n wonderlike ding is besig om te gebeur. Vir die eerste keer in Suid-Afrika word ’n konsert aangebied wat almal insluit, met die klem op ALMAL.
’n Klein dogtertjie se saak is die rede vir hierdie gebeurtenis.
Eerskomende Vrydag 27 Junie 2025, is Suné bespreek vir ’n kogleêre verwydering- en herinplantingsoperasie.
Hoe wonderlik dat ons deel is van die eerste konsert in Suid-Afrika waarvan die gaskunstenaar blind is, en saam met hom op die verhoog, Melinda Botha, ’n tolk wat die dowe gemeenskap gaan insluit.
Vat asseblief hande met ons om Suné ’n kans te gee om te kan hoor en deel te wees van ’n baanbrekersgeleentheid om diegene wat gewoonlik uitgesluit word, deel te maak van Trots Suid-Afrikaans.
