Kom beleef Van Der Aven se musiek op ’n manier soos nooit vantevore. Van Der Aven word gestroop tot op die been: rou, akoesties en ongefilterd.
Vanaf gunstelinge soos “My Huis” en “Heimwee” tot musiek wat nog nooit tevore lewendig uitgevoer is nie – hierdie vertoning beloof om ’n unieke blik te wees op wie Van Der Aven is.
Dit is ’n eens-in-’n-leeftyd ondervinding wat heel moontlik nooit weer herhaal sal word nie. Kom deel in die stories agter die note en wees deel van ’n aand wat net vir daardie oomblik in tyd bestaan.
