Find An Event

The incredible journey of Tinkerbell van Tonder, met Amanda Strydom en Coenraad Rall

Music Theatre

|
AfriForum Teater


Die kind se naam was Isabella Dolorosa van Tonder, maar haar Granny het haar Tinkerbell genoem. Amanda Strydom as Nella Petersen vertel ’n storie van hoop, wonderlike avonture, selfontdekking en oplaas tuiskoms na jou komvandaan, verweef met musiek wat verwerk is en begelei word deur haar vaste pianis, Coenraad Rall.

“Life is a journey, wie is djy nou om die transport te question?”

In Afrikaans, Engels, Khoi, Frans en Nederlands. ’n Egte feëverhaal uit die Suiderland met ’n klomp kinkels! Die produksie is bekroon met die Aardklop prys asook die Woordtrofee by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees vir Beste Musiekproduksie.

Performers

Amanda Strydom
Coenraad Rall

Tickets

Standaardkaartjie: R220
Pensioenariskaartjie: R180