Steffie le Roux is met ’n goue stem gebore – ’n stem waarmee sy gehore bly bekoor. Die bevoorregtes wat haar talent al beleef het, getuig met verwondering oor dié tydlose en meesleurende talent. Machiel Roets, liedjieskrywer en begeleier sê: “Ek wag al bykans twee dekades op ’n geleentheid om saam met Steffie op te tree! Daar skuil ’n storie agter ons eerste ontmoeting, maar dié storie sal ons eerder saam-saam van die verhoog af met ons gehoor deel…ek wil nie uit my beurt praat nie! Al wat ek nou kan sê, is: Wat ’n voorreg om Steffie se stem op die klawers te begelei, want sy vertel met haar goue stem ’n tydlose, boeiende storie.”
Van die liedjies is ou bekendes, amper soos om goeie vriende ná ’n lang tyd weer raak te loop, maar Steffie debuteer ook met nuwe liedjies van Machiel.

