Find An Event

Somerkersfees, met Pieter Smith en die kore van Laerskool Elarduspark

|
AfriForum Teater


Die Somerkersfeeskonsert is ’n liefdadigheidskonsert wat deur die Ambassadeursklub aangebied word ter nagedagtenis van Ane van Vuuren (wat onlangs oorlede is). Die konsert was die breinkind van Ane om geld in te samel vir onder andere Kindersorg, waar sy as bemarkingsbestuurder werksaam was.

Die Somerkersfeeskonsert is saamgestel onder leiding van Chanie Jonker (bekende begeleier/pianis) wat as musiekregisseur optree.

Pieter Smith tree op as sanger saam met die kinderkoor van die Laerskool Elarduspark.
Die fondse wat deur die Somerkersfeeskonsert gegenereer word, word verdeel onder die volgende organisasies wat die Ambassadeursklub ná aan die hart lê: Rock of Hope, Kindersorg, Helpende Hand, Uitkoms Versorgingsentrum, Eljada Huis, Megavoice en Prinshofskool.

Performers

Chanie Jonker
Pieter Smith
Kinderkoor van die Laerskool Elarduspark

Tickets

R250
R200 -pensionarisse en kinders onder 12