Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar die vyfde LIG-konsert aan! Met musiek bou ons toekomsdrome vir mense met gestremdhede. Sluit by ons aan vir ’n aand van lig en liefde wat harte aanraak en lewens verander.
Bekende kunstenaars wat gaan optree is PROP, Chris “Plakkies” Steyn, Die Ventertjies, Arnold de Wet en Kosie Beukes. Sarina Bosman is die aanbieder.
