Find An Event

Skiet met musiek Machiel Roets op klavier

Popular/Light

|
Pierneef Teater


Almal, van speenoud tot dié wat al met nostalgie terugkyk oor die jare wat agter lê, word hartlik uitgenooi om te kom deelneem aan Skiet met Musiek saam met Machiel Roets! Dis ’n genotvolle, interaktiewe aand waar die gehoor sélf vir musiek ’n baadjie uit hul eie musikale klerekas kan aantrek…en daarin lê die pret en lekker lag vir die gehoor: Die musikale klerekas wat jy saambring is jou keuse, en Machiel sal sorg dat “… die Jas netjies pas!” Almal wat hul waagskoene aantrek, sal ’n beurt kry om deel te neem – daar’s nie wenners en verloorders nie, net nostalgie, gemoedelikheid, vindingrykheid en lekker lag op die spel!

Performers

Machiel Roets

Tickets