Find An Event

RAAF

Vocal | Popular | Music Theatre

|
Atterbury Theatre


RAAF – ‘n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe. Hulle genre kan nie beperk word tot een woord nie. Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hulle musikaliteit en energie het gehore dié musiek ervaring as lewens veranderend laat beskryf.

Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ‘n avontuur, elke oomblik ‘n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe PREDIKER album asook van die ou gunstelinge na die ATTERBURY TEATER. Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie…

Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!


Performers

Lourens en Esté Raaf

Tickets