Find An Event

Papelellekoors

Cabaret

|
Fairtree Atterbury Theatre


Die kreatiewe span agter die treffers Routrip en Vier Panado’s en ‘n Chardonnay is weer terug met ‘n splinternuwe kabaret! Papelellekoors bied ‘n tong in die kies blik op diedaaglikse irritasies, konsternasies en frustrasies wat ons almal ervaar. Hierdie produksie vra die vraag: Wat gee jou papelellekoors en wat verklap dit van jouself? Elzabé Ziestman het, baie teësinnig, lank in die spieël gekyk op soek na ‘n openbaring. Sy soek nog steeds.

Soos gewoonlik draai Zietsman nie doekies om terwyl sy die gehoor op ‘n reis na selfontdekking neem nie. Die vertoning word begelei deur die uitmuntende pianis Jody Jason Petersen, bekend aan Pretoria se gehore vir Afrikaans 100 – Uit die mond. Saam gee hulle nuwe betekenis aan musiek van kunstenaars soos Joni Mitchell, Coenie de Villiers en selfs Monty Python, asook nuutgeskepte liedjies met lirieke deur Johann Slabbert.

Performers

N KABARET DEUR Johann Slabbert
MET Elzabé Zietsman
PIANIS Jody Jason Petersen
VERVAARDIGER Drama Drama

Tickets

R250
Vir 15% pensionaris of studente afslag, gebruik die koepon kode: elzabe15