OUMA en die ou KOEIE
met Margit Meyer-Rodenbeck
Coenraad Rall: Klavier en Verwerking
Jurgen Human: Teks, Musiek en Regie:
80 min
Geen onder 14 (Taal)
Soos ons ouer word is meeste mense geneig om, (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie WIL onthou nie. En die wat ons WIL onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by.
‘n Halwe waarheid in die 50’s, word ‘n voldonge feit 50 jr later. ‘n Wolhaarstorie word ge-“blow”-dry tot n manjifieke “beehive”, en ‘n besope “one night stand” verander jare later in n pragtige kortstondige romanse.
