Ons liedjieskatkis: Die liedjies van Rina Hugo
Popular/Light
|
AfriForum Teater
In 1978 wen Rina Hugo die ATKV Crescendo Musiekkompetisie, reik haar eerste album uit in 1983, en word een van Suid-Afrika se gunsteling- Afrikaanse kunstenaars met die liedjie “Ek sien vandag die son weer skyn”. Vir meer as vier dekades vermaak Rina ons met van die mooiste liedjies, en word ’n absolute legende.