In 1979 hoor ons die liedjie “Kinders van die Wind,” en Laurika Rauch tref ons land se musiekbedryf met ’n enorme slag. Sy reik haar eerste album ook in 1979 uit, en behaal goue status. Met liedjies soos “Blouberg se Strand”, ”Ek het ’n huisie by die see” en “Stuur groete aan Mannetjies Roux” wen sy Suid-Afrika se harte en na meer as vier dekades is Laurika ’n absolute legende.
Neem kennis dat Laurika Rauch nie self in hierdie produksie optree nie.