Find An Event

Mosaïek in musiek: ’n Musicula-avontuur

Classical | Music Theatre | Symposia/Festivals/Special Events

|
AfriForum Teater


Met hierdie reis deur tyd, plek, ritmes en ruimte nooi die Musicula-maatjies almal uit om saam met hulle op ’n spesiale musikale avontuur te gaan. Kom luister hoe stilte gevul word deur perkussie-instrumente, glockenspiels, blokfluite, xilofone en metallofone. Hoe elke kind en instrument ’n unieke orkes vorm om ouers, familielede en vriende weg te voer na ’n wêreld van verskillende kulture, klanke en klankkleure.

Musiek as medium word die fokuspunt tydens die konsert, en rus ons jong kinders verder toe om hul totale menswees en Godgegewe talente en gawes optimaal te ontgin en te omarm.

Kom beleef hoe elke mosaïekteëltjie saam die geheelbeeld skep in klank en kleur. Kom ervaar hoe musiek die mure tussen ons kan afbreek en ons herenig in ’n mosaïek van menswees.

’n Spesiale verrassingsinstrument gaan ons almal in die teater kom bederf tydens die konsert en beloof om vir almal hoendervleisoomblikke te gee!

Performers

Viool: Carmi Viljoen
Klarinet: Lizet Smith
Dwarsfluit: Laetitia de Lange
Tjello: Mietze Dill
Kontrabas: Jurgens de Lange
Klavier: Anneline Ball
Verrassingsinstrument: James Pilchard
Akteur: Dihan Keun
Konsepontwikkeling van tema en redigering: Pieter von Wielligh en Magdaleen Lamey
Visuele ontwerp en videografie: Pieter von Wielligh
Musiekverwerkings: Esperance Grobler

Tickets