Hy was van kleinsaf ’n Elvis-bewonderaar en nou maak die 15-jarige Matthew sy verhoogdebuut
met hierdie huldeblyk aan ’n legendariese sanger. Kom beleef sy passie en sy ongelooflike
afgeronde stem – hou gerus in die toekoms hierdie talentvolle sanger dop. In samewerking met
Michelle Veenemans.
