Find An Event

Lize Beekman – In Antwoord

Popular/Light

30 August 2026 - 15:00
|
Fairtree Atterbury Theatre


Sanger-liedjieskrywer Lize Beekman keer op 30 Augustus 2026 terug na die verhoog van die Fairtree Atterbury Teater met haar vertoning “In antwoord”.
Met haar kenmerkende diepte, warmte en poëtiese verhalende styl, voer sy ’n unieke gesprek met haar gehoor deur middel van musiek, briewe en gedigte in beide Afrikaans en Engels - woorde uit haar eie skryfpen en ook dié van ander.

Beekman weef nuwe en bestaande skeppings saam in ’n program wat tegelykertyd persoonlik én universeel is.
Saam met haar op die verhoog is Babette Viljoen (klavier, baskitaar & perkussie).

In antwoord beloof ’n mooi en rustige ervaring van woorde en musiek.

Performers

Lize Beekman

Tickets

Ground Floor - R280
Pensioner - R250
Gallery - R280