Leonard Cohen vir die Afrikaanse Siel – met Koos van der Merwe
Eers was die meeste Leonard Cohen aanhangers skepties, “Hoe kan enige iemand waag om Cohen se onvergelykbare poëtiese lirieke in Afrikaans te vertaal?” Maar skeptisisme het gou verander in verwondering, en die album was ’n ongekende sukses.
Dis nou ‘n dekade later en gehore is opnuut in vervoering oor Koos van der Merwe se nuwe Afrikaanse akoestiese weergawes van treffers soos “Dance Me To The End Of Love”, “Suzanne”, “Hallelujah” en “Famous Blue Raincoat”.