Twee wêrelde. Twee style. Een ongelooflike vertoning.
Met kragtige tenoor-klanke en ’n rockster-hart vat Louis Loock en Cobus Snyman jou op ’n musikale reis soos geen ander nie. Van klassieke meesterstukke tot geliefde poptreffers, elke lied kry ’n splinternuwe “baadjie” wat jou gaan verras én bekoor.
Verwag passie, humor en ’n unieke spel tussen die “neus in die lig” tenoor en die kitaarspeler wat in duisend stemme sing 🎸🔥