Geïnspireer deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P. Brink
Met Lizelle Pike Klavier: Chanie Jonker Regie: Nadia Beukes
Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd – onblusbaar,
ongetem en vol lewe. Kom reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en
André P. Brink en beleef hul passie, verlange en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.
