Find An Event

Ingrid: ‘n Vlam in die Sneeu – Teaterproduksie

Popular/Light | Music Theatre

|
Centurion Theatre


Na uitverkoopte speelvakke in Gauteng en die Wes-Kaap keer Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu terug na Die Centurion Teater vir nog beperkte vertonings. Daarna maak die produksie haar feessdebuut by Aardklop 2025 on Oktober. Dit is die laaste kans om hierdie produksie in Gauteng te sien vir 'n wyle.

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is ’n oorspronklike, nuwe produksie wat die intense en komplekse liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink uitbeeld, gebaseer op hul persoonlike en ongesensuurde briewe aan mekaar. Deur Ingrid se tydlose poësie – met oorspronklike nuwe toonsettings – en gedeeltes uit hul korrespondensie, ontvou die produksie soos ’n musikale en dramatiese reis deur hul passie, hartseer en verlange. Die stuk bied ’n unieke blik op Ingrid se soeke na liefde, haar stryd met depressie en haar onvermoë om te ontsnap uit die donkerte wat haar gevolg het, selfs te midde van haar roekelose hoop. Met musiek, woorde en spel word haar storie lewend gemaak: broos, eerlik en ongenaakbaar. Dit is ’n viering van Ingrid se stem en die nalatenskap van haar woorde wat steeds nuwe geslagte inspireer.

Performers

Lizelle Pike as Ingrid Jonker
Chanie Jonker op Klavier
Regie: Nadia Beukes
Mede-Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse
Teks en Nuwe Toonsettings: Jak J. Brits
Musikale Regie en Klavier: Chanie Jonker
Stel- en Kosteumontwerp: Ashleigh Hilton
Ligte-ontwerp: Tiaan Kirsten-Lubbe
Verhoogbestuur: Rix Haji-Loucas

Tickets