HOORT is ’n Semi-outobiografiese kabaret waarin die talentvolle sangeres en aktrise Stephanie Baartman haar eie, en die stories van haar familie vertel. Sy verweef gebeure uit haar lewe as dogter van twee pastore met die krag van haar stem en die liedjies wat sy sing. Terwyl sy binne die konteks van Suid-Afrika se komplekse geskiedenis soek na geborgenheid, deel sy humoristiese en aangrypende staaltjies, van haar kinderjare tot kulturele misverstande rondom identiteit.