Hoort
Popular/Light
23 August 2026 - 15:00
|
Fairtree Atterbury Theatre
Hierdie semi-outobiografiese kabaret sal jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk. HOORT vertel die storie van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ‘n lewendige mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies kom sy tot die besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.