Find An Event

Gesigte – André Schwartz

Vocal | Popular/Light

9 February 2025 - 15:00
|
Fairtree Atterbury Theatre


Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het; vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes.

Verewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig wat ons onthou, word die legkaart van ons lewens, die reuk, die musiek, die liefde.

In die multimediaproduk “GESIGTE” word die werk van internasionale bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe geroep deur die digitale kunstenaar Seun.

Elke lewensstorie van André Schwartz word verbeeld deur die unieke gesigte wat verskyn op die skerm. Klavier, kitaar en stem vertel liedere soos, From Both Sides Now, First Time Ever I Saw Your Face, The Book of Love en The Rose.

André se treffers en eie komposisies soos die kwesbare en gewilde Ek Haal Asem maak ook ‘n buiging. 

Gesigte vertel in beeld en musiek die kwesbare herinneringe van die legio kosbare mense in André Schwartz se lewe.

Performers

André Schwartz

Tickets