Find An Event

Gé Sing

Popular/Light | Symposia/Festivals/Special Events

|
Voortrekker Monument: Hall of Heroes


Dit is meer as 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het. Met die majestueuese Voortrekkermonument aan die een kant en die pragtige sonsondergang oor Pretoria aan die ander kant, word sy lewe, loopbaan en fenomenale talent gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied!

Frans sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

Performers

Andrè Schwartz
Arina de Witt
Stephanie Baartman
Teks en regie: Frans Swart
Musiekregisseur: Chanie Jonker

Tickets

From R250