Dit het op die Weskus begin. In Jacobsbaai, om presies te wees. Waar die branders nooit moeg word nie.
Rikus de Beer, ook bekend as Jonathan van Radio Raps, besef sy hiaat staan einde se kant toe. Rikus vier sy 40ste verjaarsdag in Januarie 2025 en besluit hy gaan ’n band begin – hy gaan leef, hy gaan musiek maak.
Die beste band in die wêreld – ooit! word ingelyf.
Ryno Velvet, wat sedert 2006 skouers in die musiekbedryf skuur met liedjies soos “Ai, my lam”, “Kaap”, “Volkswagen-bussie” en “Aande” het die roepstem geantwoord om met Rikus De Beer en Regardt Scheepers kragte saam te snoer.
