Find An Event

Die Affie-Konsertreeks

Classical | Orchestral | Chamber Music | Recital

|
Afrikaanse Hoër Seunskool


Die Musiekdepartement van Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan: DIE AFFIE-KONSERTREEKS

Afrikaanse Hoër Seunskool bied vanjaar ‘n klassieke musiek konsertreeks aan wat iets vir elke smaak sal bied.

Die reeks skop op Saterdag 15 Maart af met die Gauteng Kitaarkwartet wat bestaan uit vier van Suid-Afrika se mees gerespekteerde klassieke kitaarspelers – Dillon Davie, Ryan Kirsten, Jonathan Moolman en Nathalie Roué.

Hierdie groep is die enigste professionele kitaarkwartet in Suid Afrika en hulle bring ‘n rykdom van ondervinding en musiektalent na die konsertverhoog. Tydens die optrede sal werke van ‘n wye verskeidenheid komponiste gehoor word, waaronder Penella, Vivaldi, Faure, Brouwer en Dyens.

In die eerste helfte van die program word die gehoor vermaak deur die kitaarduo, Thinus Boshoff en Carl Straussner, wat werke van Bach, Sor en Hewitt sal speel, sowel as Affies se kitaarorkes en -kwartet, wat ook aan hierdie seuns optreegeleentheid gee.

Koffie, tee en water is gratis tydens pouse beskikbaar.

Datum: Saterdag 15 Maart 2025
Tyd: 18:30
Tydsduur: 110 minute (pouse ingesluit)
Venue: Ben Schoeman Ouditorium, Afrikaanse Hoër Seunskool
Kaartjieprys: R160 (R120 vir pensioenarisse en leerders)

Kaartjies beskikbaar by www.quicket.co.za

Affies is ook opgewonde oor die volgende drie konserte in die Affie-konsertreeks:
21 Junie Mietze Dill en Serendipity Strings
21 September Air Flair met o.a. Lizet Smith, Laetitia de Lange en Jaco van Staden
29 November Braam van Tonder en Jaco van Staden

Navrae: 012 344 3805 of arnold.cloete@affies.co.za

Performers

Gauteng Kitaarkwartet – Dillon Davie, Ryan Kirsten, Jonathan Moolman en Nathalie Roué.
Kitaarduo - Thinus Boshoff en Carl Straussner, met Affies se kitaarorkes en - kwartet

Tickets

R160 (R120 vir pensioenarisse en leerders)