Jannie du Toit se gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu.
’n Reis deur die mooiste Nederlandstalige luisterliedjies van die afgelope eeu — vol poësie, nostalgie en tydlose melodieë. Met sy kenmerkende warmte en fyn aanvoeling bring Jannie du Toit hierdie musiek weer tot lewe in ’n intieme en roerende program.
