Die eerste en laaste keer vir Boeremusiek RoccoStyl by Atterbury Teater.
Met Rocco de Villiers op klavier, Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt jr op kitare en drom-pedaal.
So klassiek soos ‘n styf gestyselde voortrekker kappie, vars soos ‘n melktert uit die oond en watertand-sappig soos ‘n boerewors rol van die kole, gebruik pianis en vermaaklikheidskunstenaar Rocco de Villiers sy tower stokkie om musiek uit sy jeug weer te besoek. Musiek van sy pa se boereorkes in die Vrystaat gedurende die 1970’s. Maar alles in Rocco se kenmerkende styl, en gepas vir die 21ste eeu.