Find An Event

Blues by die Kruispad Vol. 2

Vocal | Jazz | Symposia/Festivals/Special Events

28 August 2026 - 19:00
|
Fairtree Atterbury Theatre


Na die sukses van Blues by die Kruispad by die KKNK en verskeie ander feeste, keer die produksie terug met 'n splinternuwe hoofstuk – Blues by die Kruispad Vol. 2.

Beleef die tydlose musiek van blues- en bluesrock-legendes soos Eric Clapton, Stevie Ray Vaughan, B.B. King, Jimi Hendrix en Joe Bonamassa in 'n produksie wat die passie, energie en siel van die blues vier. Met ikoniese kitaar-riffs, onvergeetlike melodieë en die stories agter die musiek, neem Vol. 2 gehore verder op die pad van een van die invloedrykste genres in musiekgeskiedenis.

Die produksie word aangebied deur 'n groep uitstaande musikante: Nelmarie Rabie (sang), Christiaan Rabie (kitaar en sang), Marcel Dednam (klavier, keys en agtergrondsang), Deryn Dednam(saxofoon en agtergrondsang), Werner Spies (baskitaar) en Peter Auret (dromme). Saam bring hulle hul eie unieke energie na die verhoog terwyl hulle hulde bring aan die kunstenaars wat die blues gevorm het en steeds nuwe generasies inspireer.

Performers

Nelmarie Rabie (sang)
Christiaan Rabie (kitaar en sang)
Marcel Dednam (klavier, keys en agtergrondsang)
Deryn Dednam(saxofoon en agtergrondsang)
Werner Spies (baskitaar)
Peter Auret (dromme)

Tickets