Find An Event

As jy sêr

Vocal | Popular/Light

|
Fairtree Atterbury Theatre


As jy sêr 2025

Die As jy sêr 2025-konsert is Akademia se heel eerste sêr-geleentheid – ʼn aand wat beloof om met ritme, passie, harmonie en musiek gevul te wees. Die konsert vind op Maandag 28 Julie 2025 om 18:30 vir 19:00 by die Fairtree Atterbury Teater plaas.

Hierdie opwindende gebeurtenis gee Akademia se mans- en dames-sêrgroepe die geleentheid om die verhoog te betree vir ʼn skouspel van a capella-optredes. Geïnspireer deur die ryk tradisie van Suid-Afrikaanse serenades, bied As jy sêr ʼn platform waar studente hul liefde vir musiek ten volle kan uitleef. Elke groep lewer ʼn unieke optrede met harmonieuse sang, lewendige energie en kreatiewe uitdrukking. Van Afrikaanse gunstelinge tot oorspronklike komposisies, daar is iets vir elke oor.

Performers

Akademia

Tickets