Find An Event

Afrikaans 100

Classical | Orchestral | Vocal | Choir | Popular/Light | Symposia/Festivals/Special Events

8 May 2025 - 18:00
|
Afrikaanse Hoër Seunskool


Kom vier Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal saam met Affies.
Tussen 18:00 en 19:00 kan gaste weglê aan ‘n verskeidenheid Suid Afrikaanse lekkernye – sout en soet. Verder is daar drinkgoed om van te kies en te keur – ook wyn van bekende wynplase. Deur die loop van die kuier word die nuwe Affie-museum amptelik oopgestel.
Tussen 19:00 en 20:00 word daar ‘n program in die saal aangebied om Afrikaans se eerste eeu as amptelike taal te herdenk en om terug te kyk op die spoor wat die ontwikkeling van Afrikaans in Affies se geskiedenis gelaat het. Affie personeel sal die gaste vermaak met eg-Afrikaanse musiek en die program bestaan uit vertellings, voordrag, sang en musiek.

Performers

Affie Koor, Affie Personeel

Tickets