Die Rooidasse en Affie-strykorkes hou saam met die koor en orkes van Kearsney College konsert.
Die bekende seunskoor van die Afrikaanse Hoër Seunskool, hulle ensemble-groep van 17 seuns wat as die A-minere beskend staan onder leiding van AJ Maree en die Affie-strykorkes onder leiding van Carmi Viljoen tree op in 'n musiekaand vir die hele gesin. Die strykorkes het so pas die trofee as algehele wenner van die Pretoria Eisteddfod verower. Die Affiekoor palm ook gereeld die trofees in en is opgewonde om vir die eerste keer saam met Kearsney College se koor en orkes op te tree.
Oor die afgelope twee dekades het Kearsney College se koor 15 goue en 7 silwer medaljes by verskeie Wêreld Kortspele ingepalm en het laasjaar by die Golden Voices of Barcelona koning gekraai.
Vir seker nie ‘n aand om mis te loop nie!
