Venues
Die Senotaafsaal – Voortrekkermonument Poster

Die Senotaafsaal – Voortrekkermonument

Voortrekker Monument, Eeufees Rd, Groenkloof, Pretoria


Die Senotaaf is die sentrale fokuspunt van die Monument. Die woord “senotaaf” beteken ‘n “graf sonder beendere”. Dit is dus ‘n leë graf – die simboliese rusplek van Piet Retief en al die ander Voortrekkers wat tydens die Groot Trek gesterf het. Die Senotaaf is van rooi graniet uit die omgewing van Parys in die Vrystaat vervaardig. Dit neem die vorm aan van waterrimpels wat wyer en wyer na buite uitkring, met die Senotaaf as middelpunt – simbolies van ‘𝐧 𝐭𝐫𝐞𝐤 𝐧𝐚 𝐯𝐫𝐲𝐡𝐞𝐢𝐝 𝐰𝐚𝐭 𝐨𝐩 𝐤𝐥𝐞𝐢𝐧 𝐬𝐤𝐚𝐚𝐥 𝐛𝐞𝐠𝐢𝐧 𝐡𝐞𝐭, maar uiteindelik ‘n magtige golfbeweging in die geskiedenis geword het, wat vandag nog sy golfslag laat voel.

More Information

For more information please contact Admin: