Van die Vrystaat tot in die Kaap
Popular/Light
|
Pierneef Teater
Musiek met meesleurende stories wat die gehoor diep raak – soms met ’n lag, soms met ’n traan. Ná agt jaar weg van solo op die verhoog is Mariëtte Galjaard terug met ’n nuwe program wat ’n nostalgiese reis deur haar loopbaan loop. Mariëtte is ’n bekroonde liedjieskrywer en begeleier wat liedjies vir kunstenaars soos Laurika Rauch, Pieter Smith, Danie Niehaus en Helene Bester geskryf het en betrokke was by produksies saam met legendes soos Jannie du Toit en Christa Steyn.