Sonja Heroldt – Tydloos
Vocal | Popular/Light
|
Centurion Theatre
TYDLOOS is ‘n solovertoning wat die gehoor terugneem na die era van Springbokradio. Sonja sing van haar bekende en ander immergroen liedjies, soms met akoestiese klavierbegeleiding wat vir ‘n vars unike ervaring sorg. Die program word ingekleur met staaltjies en hoorbeelde wat saam met die musiek ‘n lekker ontspanne nostalgiese atmosfeer skep. Kom deel in die nostalgie van hierdie unieke produksie.