Maak gereed vir ‘n onvergeetlike aand van musiek en samesyn saam met die koningin van rock haarself, Karen Zoid.
Met haar ikoniese stem en self ‘n meester agter die kitaar, word Karen vergesel deur legendariese kitaar virtuoso – Henry Steel.
Zoid-vertonings is beroemd vir stories en staaltjies, al jou gunsteling liedjies, en genoeg energie om die dak te lig. Twee kitare, een aand, jou gunsteling teater – kry jou kaartjies vandag!