Hemel & Hel – Eksklusiewe Fairtree Atterbury Teater Vertoning deur Demi Lee Moore en Riaan Benade
HEMEL EN HEL – Vir die eerste keer ooit deel die Kannie Sonder Jou Nie–duetpaar, Demi Lee Moore en Riaan Benade die verhoog met hulle splinternuwe produksie – Hemel en Hel. Uitstekend in hulle eie reg, het die Nylstroom plaasseun en die Neon Moon-country sangeres se paaie vir die eerste keer gekruis toe hulle die country-duet “Seven Spanish Angels” saam opgeneem het en toe daarna die weghol treffer “There Was Jesus”.