Helenè Bester sing Nana Mouskouri
Vocal | Popular/Light
|
Fairtree Atterbury Theatre
Gewilde sangeres Helenè Bester bring die musiek van die ikoniese Griekse sangeres, Nana Mouskouri, opnuut tot lewe in haar trefferproduksie, Helenè Bester sing Nana Mouskouri. Sedert die bekroonde première by die Oppiwater Kunstefees in 2019, het hierdie vertoning gehore regoor die land betower. Nou keer dit terug na die verhoog by die Fairtree Atterbury Teater op Dinsdag, 18 Maart om 19:00.