Gé Sing – Hoor my Lied
Vocal | Popular/Light
|
Fairtree Atterbury Theatre
Frans Swart en Lefra Produksies se huldeblykproduksie aan superster, Gé Korsten, Gé Sing: Hoor My Lied! is vroeër vanjaar by die Fairtree Atterbury Teater aangebied. Hierdie speelvak was ‘n wegholsukses en alle produksies was binne ‘n week uitverkoop. As gevolg van die publieke aanvraag na meer kaartjies, het die Fairtree Atterbury Teater en Lefra Produksies besluit om hierdie gewilde produksie terug te bring na die Fairtree Atterbury Teater vir slegs een aand op Donderdag, 12 September 2024. Vir meer inligting, besoek www.gesing.co.za. Gé Sing: Hoor My Lied! word aangebied met die trotse ondersteuning van Britz Couriers and Removals, Lift.co.za, Hollywood Costumes, RSG, Van Loveren Wines en WS Pianos.