Forte – Rika Sennett en Jacques Adriaanse
Classical | Music Theatre
22 March 2025 - 15:00
|
Fairtree Atterbury Theatre
Emma Barker, ʼn wêreldbekende tjellis, sit al bykans ʼn jaar in ʼn donker kamer en staar na haar gewese man se tjello. Sy kan haarself net nie so ver kry om weer musiek te maak nie. Alhoewel haar man siek was, is sy oortuig dat die siekte nie die oorsaak van sy dood was nie. Iemand lieg vir haar. Dan stap ʼn jong musiekstudent een oggend ongenooid in haar huis in. Sy ken hom van geen kant af nie, maar tog weet hy alles van haar af. Hoekom laat hy haar so baie aan haar oorlede man dink? Watter diep geheim bewaar hy? Veteraanaktrise Rika Sennett maak haar terugkeer na die verhoog in hierdie kragtoer-produksie saam met die talentvolle Jacques Adriaanse.