Digters, wyn en lied is ’n musiekproduksie wat in 2019 by die US Woordfees die lig gesien het en waarin
skrywer, musikant en kitaarmeester, Mel Botes, gestalte gegee het aan stories agter die liedere van
verskillende digters en liedjieskrywers. Dit sluit in Leonard Cohen, Bob Dylan, Simon & Garfunkel, David
Gilmour, Roger Waters, Mark Knopfler, J.J. Cale, Rodriques en Piet Botha, asook oorspronklike werke
van Mel Botes.
Mel beloof om die gehoor mee te sleur en die afgeronde musiekreis met ervare musiekollegas te deel. ’n
Mooi en stylvolle visuele collage word op ’n agtergrondskerm geprojekteer om die sielvolle prentjie te
voltooi.