Die Binnelander
Classical | Opera | Music Theatre
|
Pierneef Teater
Elizabeth Marais kom al die pad uit die Kaap met haar kabaret – 16 liedere, soos onder meer “O mio babbino caro”, “Koningin van die nag”, “Solo con te” en “No regrets” wat aanmekaar geweef word deur ’n komiese storielyn…Elizabeth soek na die perfekte man in die buiteland nadat haar pa nie die plaaslike Fanie Viljoen goedgekeur het nie. Met Thinus Ries (klavier).