Find An Event

Cake Topper – Nataniël

Vocal | Popular/Light | Music Theatre

29 January 2025 - 19:00, 30 January 2025 - 19:00, 31 January 2025 - 19:00, 1 February 2025 - 11:00, 1 February 2025 - 15:00, 2 February 2025 - 15:00
|
Fairtree Atterbury Theatre


Die kosbare septer van ’n koningshuis, die herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken, is hierdie net die fantasieë van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?

Van die begin van tyd bly die visuele element die kragtige tweede taal van die mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefshoed tot ’n sonkep, watter boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamshouding, die modes van musiekvideos of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller aangekondig word?

Oorspronklike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniël se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.

Performers

Nataniël
Juan Oosthuizen
Werner Spies
Peter Auret

Tickets

R300 - R330