Richard van der Westhuizen – 40
Vocal | Popular/Light
|
Fairtree Atterbury Theatre
In 2025 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wie diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf laat. Vir vier dekades lank voer Richard gehore mee. Vanaf sy verhoogdebuut in Die van Aardes van Grootoor in 1979, tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, het Richard ’n unieke vermoë ontwikkel om die hart van ’n storie te vertolk – of dit nou op die verhoog, voor die kamera, of agter ’n mikrofoon is.