OUDITORIUM OPENING 2025
Kom vier saam met ons die formele opening van Hoërskool Waterkloof se splinternuwe ouditorium op 10 Mei 2025 om 18:30.
Geniet ’n aand vol glans, musiek, dans en topvermaak met bekende kunstenaars soos Monique Steyn, Joshua na die Reën en Zita Pretorius, asook ons eie Heinrich Sutton, Kloof-konsertorkes en Kloof-koor. Kaartjies vanaf R150 is op die Kloof-beursie/Allxs beskikbaar.
Bring die hele gesin en wees deel van hierdie spesiale geleentheid – met ’n nagmark en stalletjies vir ekstra pret! Jy wil dit nie misloop nie.
Kleredrag: Formeel
